
JobaSkool
Jou skool se datavennoot
JobaSkool wil die skoolhoof bystaan met dataverwerking en data-analise van die magdom data beskikbaar in die skool se datastelsel.
- JobaSkool modules integreer met SASams – dit trek data uit en plaas data terug in Sams.
- Joba lewer ook 'n Konsultasiediens aan skole met hulp om ad hoc verslae saam te stel.
Modules
(Modules voer data terug na Sams)
Afwesighede: Die module vergemaklik die daaglikse inlees deur 'n onderwyser in die klaskamer vanaf 'n selfoon en sinkroniseer die afwesighede dan met Sams.
Handboeke: Skoolhandboeke, wat jaarliks aan leerders uitgereik word en aan die einde van die jaar weer ingeneem word, kan met strpiekodes gemerk word en kan dan met rekenaarskandeerder of met foon uitgereik en teruggegee word aan leerders en onmderwysers. Die data word dan gesinkroniseer met die Departementele data.
Verslagstelsel: Die module bestuur die skool se Dissiplinêre stelsel en sinkroniseer ook met Sams.
Prysuitdeling/Toekennings: Die module versamel data van al die prestasies vir bv Erekleure of sertifikate en maak dan die druk van sertifikate vir die prysuitdeling moontlik.
Ander Modules
Joba Atletiek - Vir meer besonderhede oor die atletiekprogram kan op JobaAtletiek geklik word.
JobaBib (Mediasentrum) - Die biblioteekstelsel bestuur 'n skool biblioteek en boeke kan aan leerders uitgereik en weer ingehandig word.
JobaRoster - is net beskikbaar as 'n diens om skoolroosters te pak.
JobaBates - Bateregister vir 'n skool - Nuut opgegradeer! - sluit nou ook verbruikbare items in.
Vir meer besonderhede kan u vir dr Johan Badenhorst kontak by joba(by)joba.co.za